Vier ‘renosterstropers’ doodgeskiet, sewe vas

Argieffoto

Vier vermeende renosterstropers is oor die naweek in die Krugerwildtuin doodgeskiet.

Ike Phaahla, ʼn woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Nasionale Parkeraad (SANParke), het Maandag gesê wildbewaarders het Saterdag op ʼn groep van ses mans afgekom wat glo renosterstropers was. “ʼn Skietgeveg het tussen die verdagtes en wildbewaarders uitgebreek. Drie van die verdagtes is doodgeskiet, en die ander drie is in hegtenis geneem,” het Phaahla gesê.

Die bewaarders het beslag gelê op twee vuurwapens, ammunisie en gereedskap wat deur stropers gebruik word.

Nog ʼn vermeende stroper is Saterdag by Krokodilbrug in Mpumalanga doodgeskiet. Brig. Hangwani Mulaudzi, ʼn polisiewoordvoerder van Limpopo, het gesê die polisie het Sondag ʼn verdere vier vermeende stropers naby Hoedspruit in hegtenis geneem. “Die polisie het ʼn jaggeweer, ʼn vuurwapen met ʼn knaldemper asook ammunisie in hul besit gevind,” het Mulaudzi gesê.

Die vier mans, tussen die ouderdom van 33 en 46, moet Dinsdag in die Palaborwa-landdroshof verskyn. ʼn Hofdatum vir die eerste drie verdagtes is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Johan ·

Die dood vir n renosterstroper is die ligste straf wat hy kan verdien.

Peter Vonk ·

Mooi,roei hierdie skurke uit nes hulle die ander spesie uitroei.n skietdood is nogal genadig,vang hulle en onthoring hulle.

Trippie ·

Komplimente aan die wildbewaarders. Net jammer die helsems is nie almal bokveld toe nie.

Seg Net ·

Baie goeie werk. Hulle moet ons land se boere ook net so begin beskerm soos hulle die renosters beskerm.

Lammie Treurnich ·

Die skuldiges moet nie voor die hof verskein nie hulle moet summier dood geskiet word want die renosters horings word vir satanies doeleindes aangewend.

Gawie Botha ·

Uitstekende opvolgwerk,en waaksaamheid is hier aan die dag gele ,deur die ondervraging,opsporing en uitwissing,,eenheid!,Saluut!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.