Vier ry rond in vermoorde se motor

Die polisie in die Vrystaat het vier mense in hegtenis geneem nadat hulle met die motor van ʼn moordslagoffer rondgery het.

ʼn Polisiewoordvoerder, kapt. Stephen Thakeng, sê ʼn voertuigopsporingsmaatskappy het die polisie in kennis gestel van ʼn vermoedelik gesteelde voertuig in Kutloanong in Odendaalsrus. Die polisie het gaan kennis in stel en die motor gevind. Die bestuurder van die motor het egter weggejaag toe hy die polisie sien. Die polisie kon egter daarin slaag om die voertuig af te trek. Daar was twee mans en twee vroue in die motor. Thakeng sê toe hulle die voertuig, ʼn silwer Audi A3 1.8 Turbo, se besonderhede nagaan het hulle gesien dat die eienaar van die motor, ʼn man van Cullinan, oos van pretoria, vroeër vermoor is. Die vermoorde man se selfoon is ook in die motor gevind. Die vier insiteendes, tussen 30 en 35 jaar oud, is in hegtenis geneem op aanklag van diefstal en die besit van gesteelde eiendom. Thakeng sê hulle ondersoek die moontlikheid dat die vier insittendes by die moord betrokke was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.