Vier SANParke-beamptes vas vir renosterstropery

Vier beamptes van SANParke is Dinsdag in die Krugerwildtuin in hegtenis geneem in verband met renosterstropery.

ʼn Woordvoerder van SANParke, Wanda Mkutshulwa, sê die vier beamptes in Dinsdagmiddag kort nadat die karkasse van twee witrenosters in die Krugerwildtuin gevind is, in hegtenis geneem. “Die renosters i geskiet en hulle horings is verwyder. Verdere ondersoeke na die doodmaak van die twee renosters sowel as ander gevalle van stropery word ondersoek.” Die vier beamptes was almal in die Pretoriuskop-gebied gestasioneer. Meer as 11 renosters is sedert die begin van die jaar in dié gebied vir hulle horings doodgemaak. Een van die beamptes was ʼn veldwagter wat ook deel was van die voortslepende staking in die wildtuin. ʼn Ander beampte was ʼn verkeersbeampte wat by die beskermingseenheid betrokke was. Daar is sedert die begin van die jaar 43 renosters in die wildtuin doodgemaak en meer as 80 landwyd. Mkhutshulwa sê meer as 50 mense is sedert die begin van die jaar vir renosterstropery in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.