Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, sê 31 skoolkinders is ernstig beseer terwyl 30 ligte beserings opgedoen het. Die ongeluk het omstreeks 13:00 Vrydagmiddag gebeur nadat die leerlinge teruggekeer het na Umzinto ná ’n uitstappie in Inanda. Van die beseerdes is per helikopter na nabygeleë hospitale geneem vir verdere behandeling. Die busbestuurder is ook ernstig beseer in die ongeluk. Die eThekweni metropolisie, brandweer en provinsiale ambulansdienste was ook op die toneel.
Vier skoolkinders sterf in busongeluk
Vier skoolkinders is dood en talle ernstig beseer toe ’n bus by ’n helling in Inanda, Durban, afgestort het.
ondersteun maroela media só
Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.
Het jy gehoor?
Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!
Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.