Vier skoolkinders verdrink buite PTA

Die polisie se duikeenheid in die dam waar vier kinders verdrink het. Foto: Etienne Creux / Pretoria News

Vier skoolkinders het oor die naweek op ʼn plaas buite Pretoria verdrink.

Pretoria se nooddienste het Sondagoggend om 08:00 ʼn oproep ontvang om te sê die vier seuns word vermis. Hulle was Saterdag vir die laaste keer gesien toe hulle in ʼn mensgemaakte besproeiingsdam op die plaas gaan swem het.

Volgens Nomasonto Ndlovu, ʼn woordvoerder van die Tshwane-metro, het die Tshwane-nooddienste en die polisie se duikeenheid ʼn soektog van stapel gestuur. “Die vier seuns se liggame is binne 30 minute in die dam gekry. Hul liggame was in ʼn radius van 2m uit mekaar gevind. Hulle was tussen 9 en 12 jaar oud,” het Ndlovu gesê. Die seuns van Mamelodi is Remember Mosoma (12), Nthapeleng Laka (11), Mpho Mamabolo (9) en Nkosinathi Masilela (9).

‘n Geregtelike doodsondersoek sal gedoen word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Engela Meyer ·

Die kinders was tussen 6 en 11? En dan direk daarna word hulle ouderdomme gegee as oudste 12 en jongste 9? Word die berigte nie geproeflees voor dit gepubliseer word nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.