Vier sokkerspelers sterf in botsing

Vier sokkerspelers is Sondagaand dood in ʼn ongeluk op die R71 naby Polokwane in Limpopo.

Brig. Hangwani Mulaudzi, ʼn polisiewoordvoerder, sê die vier spelers was verbonde aan die Polokwane City-klub en was op pad terug van die Oscar Mphetha-stadion nadat hulle ʼn wedstryd teen F.C.A.K. gespeel het toe die ongeluk plaasgevind het. “Die bestuurder van die minibus het glo beheer verloor nadat ʼn bakkie, wat glo nie by ʼn kruising gestop het nie, teen die bussie gebots het.” Mulaudzi sê die minibus het omgeslaan en gerol waarna dit in aankomende verkeer beland en teen ʼn bus gebots het. Vier spelers is op die toneel dood en sewe ander is beseer. Die bestuurders van die minibus, bus en bakkie is beseer. Die polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.