Vier spoedvrate oor die naweek gevang

Vier mans is Sondag op die R59 suid by die Kliprivierbrug weens spoedoortreding in hegtenis geneem.

Wilfred Kgasago, woordvoerder vir die Ekurhuleni metropolisie sê ʼn 31-jarige man op ʼn motorfiets wat 197 km/h gery het en ʼn 43-jarige motorfietsryer wat 161 km/h gery het, is in hegtenis geneem. ʼn 31-jarige man wat 161 km/h met sy motor gejaag het en ʼn 46-jarige bestuurder van ʼn ligte afleweringsvoertuig wat 197 km/h gery het, is ook afgetrek. Al vier is vir roekelose en nalatige bestuur in hegtenis geneem.

Die mans het borg tussen R500 en R1 000 betaal en sal na verwagting binnekort in die landdroshof in Alberton verskyn. Twee ander motoriste is R1 500 elk beboet. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.