Vier steel glo R7 miljoen

Vier mense wat glo R7 miljoen van die Lukhanji-munisipaliteit gesteel het, het Dinsdag in die landdroshof in Queenstown verskyn.

Andisiwe Mrwebi (32), ‘n IT-bestuurder by sosiale ontwikkeling in Oos-Londen, Buhle Mayeza (29), ‘n munisipale klerk in Lady Grey, Simphiwe Makhasi (30), ‘n klerk by die polisie in Molten en Thulani Mkefu (31), ‘n polisiekonstabel in Lady Grey, is elk op borg van R20 000 vrygelaat, het lt. Pumzile Makaula, woordvoerder van die polisie in die Oos-Kaap, gesê. “Twee van die verdagtes, Mayeza en Mrwebi, het die borg betaal en hulle is vrygelaat. Makhasi en Mkefu is steeds in polisieaanhouding.” Die beskuldigdes sal weer op 13 Maart 2013 in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.