Vier sterf in botsing

Foto: ER24

Foto: ER24

Minstens vier mense is dood na ʼn botsing tussen ʼn vragmotor en ʼn motor op die R30 naby Odendaalsrus in die Vrystaat.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, sê met paramedici se aankoms op die toneel kon hulle nie vasstel hoeveel insittendes in die motor was nie aangesien dit onder die vragmotor beland het. Vermaak sê die motor is van onder die vragmotor verwyder waarna paramedici gesien het dat minstens vier mense in die motor aan hul beserings beswyk het. Vermaak sê die vragmotorbestuurder is nie beseer nie maar was erg geskok. Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en word deur die polisie ondersoek.

1240634_584151138312921_1770526598_n

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.