Vier sterf in Bloemfontein-ongeluk

Vier mense is dood nadat die bestuurder van ‘n Volkswagen Golf waarin sewe mense vervoer is, teen ‘n boom vasgery het, het ER24-paramedici Woensdag gesê.

Die bestuurder het glo beheer oor die kar verloor op ‘n draai op die N8 en het in ‘n boom “vasgejaag,” het woordvoerder André Visser in ‘n verklaring gesê.

Ses mans en ‘n vrou, tussen die ouderdomme 17 en 23, was in die voertuig. Hulpreddingswerkers en brandweermanne moes hulle uit die wrak sny. Drie van die insittendes is reeds op die toneel dood verklaar. ‘n Vierde het in die hospitaal aan sy wonde beswyk.

Die beseerdes is na Pelonomi Hospitaal vervoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.