Vier sterf in botsing op N2

Vier mense is Woensdagaand dood in ʼn ongeluk op die N2 tussen Mosselbaai en Port Elizabeth in die Oos-Kaap.

Lt. kol. Priscialla Naidu, ʼn polisiewoordvoerder, sê ʼn Honda Civic en ʼn Opel Corsa het reg van voor gebots. “Die vier insittendes van die Honda Civic, almal werknemers van ‘n Game-winkel in Mosselbaai, is in die ongeluk dood.” Naidu sê Claude Appels (42), Chriszelda Floors (22), Sune McCarthy (27) en Janine Meyer (26) is op die toneel dood verklaar. Hulle het van Mosselbaai na ʼn funksie in Port Elizabeth gery toe die ongeluk plaasgevind het. “Die bestuurder van die Corsa Johannes van der Merwe (37) is ernstig beseer en is na die Plettenberg-hospitaal geneem vir behandeling.” Die polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.