Vier sterf in botsing

Vier mense is dood en verskeie beseer nadat ʼn swaarvoertuig en ʼn taxi Donderdag in Randfontein, aan die Wes-Rand, gebots het.

André Visser, ʼn woordvoerder van ER24, sê die ongeluk het op die R28-pad plaasgevind. Na wat verneem word, het die taxi teen die kant van die swaarvoertuig vasgery.

“Twee mans se liggame is ʼn paar meter van die wrakke afgekry. Twee liggame was in die wrakke vasgekeer. Twee van die taxi se passasiers, onder wie ʼn swanger vrou, is ernstig beseer. Sy is met ʼn helikopter na die Chris Hani Baragwanath-hospitaal geneem,” het Visser gesê.

Die ander beseerde is met ʼn ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal geneem.

Die trokbestuurder is ongedeerd.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.