Vier sterf in Centurion-ongeluk

Foto: Netcare911

Vier mense is dood en twee ernstig beseer na ʼn botsing op die R55 net voor die kruising met Wierdaweg in Centurion.

ʼn Woordvoerder van Netcare911, Jeff Wicks, sê drie motors was in die botsing betrokke. Hy sê twee motors het glo in die dieselfde rigting gery en gebots nadat die bane een geword het weens padwerke. Wicks sê een van die motors het glo in aankomende verkeer beland en teen nog ʼn motor gebots. Hy sê ses mense was in een van die motors vasgekeer. Twee mans en ʼn driejarige seuntjie is op slag dood. ʼn Vrou het later aan haar beserings beswyk terwyl sy steeds in die motor vasgekeer was. Die ander vasgekeerdes is met meganiese toerusting uit die wrak verwyder. Twee mans is ernstig beseer en na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer vir verdere behandeling.

Foto: Netcare911

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Danie de Beer ·

Die kruising bestaan nie. Voortrekkerweg kom nie naby ruimte uit nie

Nico Strydom ·

Haai Danie
Baie dankie vir jou terugvoer. Ek het dit verander na die R55, wat wel met Wierdaweg kruis. Ek dink die fout het ingeglip van die paramedici se verklaring wat dit as Vooretrekkerweg aangedui het. Baie dankie.
Vriendelike groete
Nico Strydom

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.