Vier sterf in Gauteng-ongeluk

Vier mense, insluitend twee kinders, is Sondagmiddag dood na die motor waarin hulle gery het op die R554 naby Vaal Marina in Gauteng omgeslaan het.

Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare911, sê daar was sewe mense, insluitend drie kinders, in die motor wat van Villiers na Vereeniging gereis het. “Twee volwassenes en twee kinders is dood en twee mense is ernstig beseer terwyl nog ʼn persoon ligte beserings opgedoen het.” Steinmann sê die beseerdes is op die toneel behandel voor hulle na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere behandeling. Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.