Vier sterf in gru-botsing buite Welkom

Vier mense is Sondag dood en drie ernstig beseer na twee motors reg van voor gebots het op die R30 buite Welkom in die Vrystaat.

Derrick Banks, woordvoerder van ER24, sê die gru-botsing het sowat 10km buite Welkom in die rigting van Theunissen plaasgevind. Hy sê drie mense van die een motor en een persoon van die ander motor is op die toneel dood verklaar. Twee kinders, tussen vyf en nege jaar oud, en nog ʼn volwassene is ernstig beseer. Banks sê die volwassene en een van die kinders het verskeie gebreekte bene opgedoen terwyl die ander kind glo interne beserings opgedoen het. Hulle is op die toneel behandel voor hulle na nabygeleë hospitale in Welkom vervoer is vir verdere behandeling. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.