Vier sterf in gru-ongeluk op N1

Vier mense is Sondag dood in ‘n gru-ongeluk op die N1 naby Leeu-Gamka in die Wes-Kaap.

Die drie voertuie, ‘n Toyota Fortuner, Toyota Yaris en ‘n Chevrolet Aveo het in Leeu-Gamka tussen Beaufort-Wes en Laingsburg teen mekaar gebots, het kaptein Malcolm Pojie gesê. Die bestuurder van die Fortuner en drie mense, ‘n man en twee vroue, in die Yaris is dood.

Nog ‘n passasier in die Yaris-voertuig is met ernstige beserings na die hospitaal geneem. Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.