Vier sterf in Jhb-botsing

Vier mense is Sondagaand dood na ‘n botsing reg van voor op die R501 in Carletonville, wes van Johannesburg.

Werner Vermaak, ‘n woordvoerder van ER24, sê ‘n BMW en ‘n Nissan Almera het omstreeks 18:15 reg van voor gebots. Die vier insittendes in die Nissan is op die toneel dood verklaar. Die slagoffers is twee vroue, glo tussen 20 en 26 jaar oud, en twee mans, tussen 30 en 40 jaar oud. Hulle liggame moes met meganiese toerusting uit die wrak verwyder word. Die twee insittendes in die BMW is ernstig beseer en na ‘n nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.