Vier mense, insluitend ‘n baba, is Saterdagoggend dood nadat ‘n brand by ‘n gebou in Johannesburg se middestad uitgebreek het.
“Twee mense en ‘n baba is dood aangetref in die gebou,” het Nana Radebe, woordvoerder van die stad se nooddienste, gesê. ‘n Vierde persoon wat uit die gebou gered is, het op pad na die hospitaal gesterf. Drie mense is glo steeds in ‘n ernstige maar stabiele toestand.
Maroela Media het vroeër berig die brand het omstreeks 04:30 op die sewende verdieping van ‘n woonstelgebou op die hoek van Jeppe- en Nuggetstraat uitgebreek.
“Daar is vyf brandweerwaens en nagenoeg 20 brandbestryders. Hulle het die brand geblus en is op soek na moontlik nog slagoffers in die gebou.
Wayne Minnaar, hoofsuperintendent vir die Johannesburgse metropolisie, het om 09:00 gesê forensiese spanne ondersoek die oorsaak van die brand.
Verkeer rondom die gebou sal tot 11:00 herlei word en motoriste word aangeraai om Pritchardstraat as alternatiewe roete te gebruik.
Lees ook:
Twee in brandende gebou vasgekeer