Vier sterf in Karoo-botsing

Vier mense is dood nadat ʼn vragmotor en ʼn bakkie Maandag reg van voor in die Karoo gebots het.

Kenny Africa, die hoof van die Wes-Kaapse verkeersafdeling, sê die botsing het omstreeks 07:00 op die N1-snelweg tussen Leeu-Gamka en Laingsburg plaasgevind.

“Die vragmotorbestuurder is in die botsing oorlede. Sy passasier het uit die voertuig geval en het geringe beserings opgedoen. Al drie insittendes van die bakkie is ook op slag dood,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.