Vier mense, insluitend ‘n kind, is Vrydagaand dood in ‘n ongeluk tussen Lydenburg en Burgersfort.
‘n Bakkie het teen die kant van ‘n motor, waarin vyf mense gery het, op die R37 gebots, het Joseph Mabunza, woordvoerder vir die departement van gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, gesê. Vier mense in die motor, insluitend die bestuurder, is dood. Die vyfde passasier is na ‘n plaaslike hospitaal geneem.
Verdere inligting is nie op die oomblik beskikbaar nie.