Vier sterf in N3-botsing

Vier mense is dood en een ernstig beseer ná ʼn kettingbotsing op die N3-snelweg naby Alberton Sondagaand.

Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het Maandag gesê die ongeluk het naby die Barry Marais-afrit plaasgevind.

“Dit is in die stadium nie bekend wat die ongeluk veroorsaak het nie, maar drie voertuie was in die ongeluk betrokke,” het Steinmann gesê.

Die vier mense is op die toneel dood verklaar. Die persoon met ernstige beserings is op die toneel gestabiliseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.