Vier sterf in N3-ongeluk

Foto: @FatalMoves/Twitter

Vier mense is Maandag dood in ʼn ongeluk waarby twee motors en ʼn vragmotor betrokke was op die N3 by Van Reenenspas in KwaZulu-Natal.

Kwanele Ncalana, woordvoerder van die departement van gemeenskapsveiligheid, sê die bestuurder van ʼn Toyota Corolla het glo beheer verloor waarna die voertuig ʼn Volvo getref het en reg van voor teen ʼn vragmotor gebots het. Vier mense is op die toneel dood verklaar. Willies Mchunu, LUR vir gemeenskapsveiligheid, sê hy is bekommerd oor die aantal noodlottige ongelukke die afgelope tyd in die provinsie. “”Dit is inderdaad rede tot kommer maar dit sal ons nie ontmoedig in ons pogings om oortredings op ons paaie hok te slaan nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.