Vier sterf in N3-ongeluk

Vier mense is dood en twee beseer in ʼn botsing waarby drie motors betrokke was op die N3 naby Harrismith in die Vrystaat.

ʼn Woordvoerder van Netcare911, Jeff Wicks, sê twee van die motors het glo reg van voor gebots voor die derde motor in hulle vasgery het. Drie mans en ʼn kind is op die toneel dood verklaar. Die twee beseerdes is op die toneel behandel voor hulle na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer is vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.