Vier mense is Vrydagaand in ʼn gru-ongeluk tussen twee bakkies in die Vrystaat dood. Die ongeluk het op die R26-pad sowat 20km vanaf Ladybrand plaasgevind.
Derrick Banks, ʼn woordvoerder van ER24, sê dit is nog nie seker wat die ongeluk veroorsaak het nie en die polisie ondersoek die voorval.
“Albei bakkies is afgeskryf. Drie mense was in een bakkie vasgekeer en een persoon in die ander. Paramedici het die pasiënte nagegaan en kon niks vir hulle doen nie. Hulle is op die toneel dood verklaar. Die brandweer moes al vier liggame uit die wrakke sny,” het Banks gesê.