Vier sterf in Pmb-ongeluk

Vier mense is Sondag dood en vier beseer nadat twee motors reg van voor gebots het in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal.

Derrick Banks, woordvoerder van ER24, sê die botsing het kort na middernag naby Henley-dam plaasgevind. Vier mense is op die toneel dood verklaar. Banks sê een persoon is kritiek beseer terwyl drie ernstige nek- en rugbeserings opgedoen het. Hy sê die beseerdes is op die toneel behandel voor hulle na nabygeleë hospitale geneem is vir verdere behandeling. Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.