Vier sterf in Roodepoort-ongeluk

Vier mense is dood en vier ander ernstig beseer toe twee motors reg van voor gebots het in Roodepoort, Gauteng.

Jeff Wicks, woordvoerder vir Netcare911, sê die botsing het Sondag in Hambergstraat in Creswell Park plaasgevind. Wicks sê die bestuurder van een van die motors het glo beheer verloor en in aankomende verkeer beland en reg van voor teen die ander motor gebots. Vier insittendes van een van die motors is op die toneel dood verklaar. Die ander twee insittendes was in die wrak vasgekeer en moes met meganiese toerusting verwyder word. Een van die beseerdes is per helikopter na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.