Vier sterf ná bus op N1 omslaan

Vier mense is dood en 56 beseer nadat ʼn bus Maandag op die N1-snelweg buite Mokopong in Limpopo omgeslaan het.

Brig. Hangwani Mulaudzi, ʼn polisiewoordvoerder, sê die ongeluk het omstreeks 03:40 plaasgevind nadat die busbestuurder glo beheer oor die voertuig verloor het. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

“Ongelukkig het vier mense in die ongeluk gesterf. Die res van die beseerdes is na verskeie hospitale in die omgewing geneem vir verdere behandeling,” het Mulaudzi gesê.

Die bus het passasiers van Moria naby Polokwane vervoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.