Vier sterf ná helikopter neerstort

Argieffoto

Vier mense is dood nadat ʼn helikopter, wat aan die Verenigde Nasies (VN) behoort het, Sondag in die Demokratiese Republiek van die Kongo neergestort het.

Kol. Proser Basse, ʼn militêre woordvoerder van die VN, sê die ongeluk het in Suid-Kivu plaasgevind. Die helikopter het glo op ʼn heuwel neergestort.

“Die oorledenes was almal Russe. Hulle was onderweg na Bukavu toe die helikopter sowat 35km van die hoofstad neergestort het. Die rede vir die ongeluk is nog nie bekend gemaak nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.