Vier sterf in ongeluk

iStock_000015602916XSmall91-320x212Vier mense, insluitend ʼn jong seun, is dood en ʼn baba is ernstig beseer toe die motor waarin hulle gery het Sondagaand op die R59 naby Vereeniging omgeslaan het.

Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare911, sê die drie volwassenes en die jong seun was reeds dood met paramedici se aankoms op die toneel. Sy sê die babaseuntjie was in ʼn kritieke toestand en is na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas vir verdere behandeling. Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie. Die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

leon ·

Wat n tragiese ongeluk. Arme baba hoop hy herstel volkome. Speed kills en ek weet eks ook skuldig.

Justi ·

Goeie more almal. Dit is werklik tragies. Soms as mens haastig is ry mens te vinnig. Hoop die ou babatjie trek deur.
My hart gaan uit na die mense se familie. Sterkte vir julle.

Seg ·

More almal. Baie treurig en baie sterkte aan almal wat agterbly.
Dit is nou maar eenmaal ‘n berekende risiko wat mens neem elke keer wat jy op die pad gaan. Daar kom elke dag meer en meer voertuie op die paaie en die paaie gaan elke dag net meer agteruit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.