Vier vermeende renosterstropers is tussen Dinsdag en Donderdag in die Krugerwildtuin in hegtenis geneem.
Volgens Ike Phaahla, ʼn woordvoerder van SANParke, is twee verdagtes Dinsdag in hegtenis geneem en die ander twee verdagtes is Donderdag in die vroeë oggendure aangekeer.
“ʼn Hoëkaliber-jaggeweer, ammunisie en jaggereedskap is in die verdagtes se besit gevind,” het Phaahla gesê. Die verdagtes moet binnekort in die hof verskyn.
In ʼn afsonderlike voorval is ʼn vermeende stroper in Mahlangeni in Limpopo doodgeskiet toe drie verdagtes en wildbewaarders in ʼn skietgeveg betrokke geraak het. Dit is in die stadium nie bekend of die ander twee verdagtes in hegtenis geneem is nie.
AG NEE !!!!!
Moes lees : Vier stropers in Krugerwildtuin MHUR TOE GEBLAAS !
DEMMIT !
As mens let op die aantal renosterstropers wat gedurende die afgelope tyd of gevang of doodgeskiet is in die Krugerwildtuin, lyk dit of daar vordering gemaak word met die bekamping van stropery.
Goeie naand Henning … ek hoop regtig so.
Dit gebeur net heeltemal te stadig.
Skiet hulle dood!!! Moenie eers tyd mors om hulle te vang nie!