Vier ‘stropers’ vas

Vier vermeende renosterstropers is Sondag op ʼn wildsplaas in die Waterpoort-omgewing naby Polokwane in hegtenis geneem.

Volgens kol. Ronel Otto, ʼn polisiewoordvoerder van Limpopo, het die polisie op ʼn wenk reageer nadat iemand ʼn verdagte voertuig in die gebied sien het. Die polisie het die eerste verdagte in hegtenis geneem toe hy ammunisie in die voertuig, wat die vermeende stropers gebruik het, gaan haal het. “Die verdagte het aan die polisie gesê dat sy medepligtiges nog op die plaas is. Twee verdagtes is kort daarna met behulp van die polisie se lugvleuel en plaaslike boere aangekeer. Die laaste verdagte is later die aand in hegtenis geneem. Hy het in ʼn kamer op die plaas weggekruip,” het Otto gesê.

Die polisie het beslag gelê op ʼn jaggeweer, ʼn byl en die verdagtes se voertuig. Die verdagtes is tussen 29 en 41 jaar oud en is onderskeidelik van Madombitja Village, Makhado, Kromhoek en Maleboho afkomstig.

Die verdagtes sal Woensdag in die periodieke hof in Waterpoort verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Wikus Lee ·

Waterpoort is noord van Louis Trichardt (Makhado) in die Soutpansberg gelee – seker sowat 150 km vanaf Polokwane. Dit is defnitief nie “naby” Polokwane nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.