Vier van die mees bedreigde spesies in SA

Die Tafelberg Spookpadda (Heleophryne rosei)

Vier Suid-Afrikaanse spesies is op die lys van die 100 mees bedreigde spesies in die wêreld.

Die Tafelberg Spookpadda (Heleophryne rosei) is een van dié spesies en sal moontlik uitsterf, aangesien dit geen ooglopende voordeel vir die mens inhou nie, het die Cape Times Vrydag berig. Die lys is deur die Internasionale Unie vir Natuurbewaring en die ZSL London-dieretuin by die Wêreldbewaringskongres in Suid-Korea bekendgemaak.

Meer as 8 000 wetenskaplikes het die lys saamgestel, wat vir die eerste keer saamgekom het om die planeet se mees bedreigde diere, plante en fungi-spesies te identifiseer. Vier van spesies kom in Suid-Afrika voor. Buiten die Spookpadda, kom die Suurpootjie-skilpad (Psammobates geometricus) ook in die Wes-Kaap voor. Die Riviermond-pypvis (Syngnathus watermeyeri) kom in die Oos-Kaap voor en die Wilde Jamswortel (Dioscorea strydomiana) kom in Mpumalanga voor.

Klik hier om die volledige lys te sien.

Suurpootjie-skilpad (Psammobates geometricus)

Riviermond-pypvis (Syngnathus watermeyeri)

Wilde Jamswortel (Dioscorea strydomiana)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.