Vier vas na hulle vrou glo verkrag, vermoor

Vier mans is in hegtenis geneem nadat hulle glo ʼn 23-jarige vrou verkrag en vermoor het.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die polisie, sê die voorval het Sondag in Majeje naby Phalaborwa in Limpopo plaasgevind. Mulaudzi sê die vrou was op pad huis toe van ʼn kroeg toe die mans haar glo verkrag het en vir dood agtergelaat het. “Die slagoffer kon daarin slaag om die naam van die een van verdagtes aan die polisie te gee voor sy aan haar beserings beswyk het.” Mulaudzi sê een van die mans is Sondag buite Makhado in hegtenis geneem terwyl nog twee Maandag in Majeje in hegtenis geneem is. Die vierde verdagte is Dinsdag deur sy ouers aan die polisie oorgegee. Die vier mans sal na verwagting Woensdag in die Lulekani-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.