Vier vas na plaasaanvalle in Wes-Kaap

Vier mans is verlede week in hegtenis geneem in verband met plaasaanvalle in Grabouw en Malmesbury in die Wes-Kaap.

Drie mans is Vrydag in hegtenis geneem nadat hulle glo Maandag vir Shirleen Booysen (59) op die plaas Blaauwkrans aangeval het. Die mans word ook verbind met nog ʼn plaasaanval verlede maand. Die mans, onderskeidelik 29,32 en 49 jaar oud, sal na verwagting Maandag in die Grabouw landdroshof verskyn. Intussen is ʼn 28-jarige man vroeër die week in hegtenis geneem in verband met ʼn plaasaanval in Malmesbury waartydens ʼn man en sy verloofde erg aangerand is met ʼn staalpyp en ʼn byl. Hy word aangekla van huisroof, verkragting en poging tot moord. ʼn Bejaarde paartjie is Vrydagoggend op hul plaas in Vredendal, ook in die Wes-Kaap, aangeval. Die paartjie, 88 en 86 jaar oud, is Vrydagoggend omstreeks 3:00 deur drie mans oorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.