Vier mans is naby Durban in hegtenis geneem nadat hulle glo verlede week drie tieners met ʼn skerp voorwerp doodgekap het.
Kapt. Thulani Zwane, ʼn polisiewoordvoerder van KwaZulu-Natal, het Maandag gesê die verdagtes is Sondag in Inanda in hegtenis geneem.
“Die verdagtes is tussen 21 en 27 jaar oud. Hulle is in hegtenis geneem in verband met die moorde op Mthobisi Shosh (19), Nkululeko Khanyile (18) en Mfanafuthi Zwane (19),” het Zwane gesê.
Die drie tieners se erg verminkte liggame is Donderdag omstreeks 07:30 op die Bhambayo-sportgronde gevind.
Die verdagtes moet binnekort in die Ntuzuma-landdroshof verskyn.
Die rede vir die aanval is nog nie bekend nie.
Ek het gereeld alle nuus op my epos gekry,maar vandag is dit stil.Is dit nog reg,of mag julle nie meer nie,