Vier vas oor diamante in Noordwes

Argieffoto

Argieffoto

Vier mans is oor die naweek in Lichtenburg in Noordwes in hegtenis geneem, nadat hulle glo onwettig met diamante handel gedryf het.

Die mans, tussen 29 en 49 jaar oud, is glo by ‘n vulstasie betrap met twee ongeslypte diamante met ‘n geskatte waarde van R7 000.

Volgens sers. Kelebogile Moiloa, ‘n polisiewoordvoerder, gaan die verdagtes na verwagting Maandag in die Lichtenburgse landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.