Vier vas oor gewapende rooftog in Springbok

Voortrekkerstraat, Springbok Foto: Google Earth

Voortrekkerstraat, Springbok Foto: Google Earth

Vier mans is in hegtenis geneem in verband met ʼn rooftog by ʼn supermark in Springbok in die Noord-Kaap.

“Die mans is Donderdagaand in hegtenis geneem,” het lt. Olebogeng Tawana, woordvoerder van die polisie in die Noord-Kaap, gesê.

Vier gewapende mans het glo die supermarkeienaar en sy werknemers met ʼn vuurwapen gedreig en hulle met plastiekkabeltjies vasgebind. Hulle het met ʼn onbekende bedrag kontant, lugtyd ter waarde van meer as R25 000 en sigarette ter waarde van R15 000 gevlug.

Die vermeende rowers is by ʼn padblokkade op die N14 voorgekeer en die polisie het beslag gelê op die gesteelde items.

Die mans sal na verwagting Maandag in die Springbok-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.