Vier vas oor renosterhoring

Foto: www.rhinoconservation.org

Vier mans is Sondag aan die Durbanse strandfront in hegtenis geneem nadat ʼn renosterhoring in hul besit gevind is.

The Mercury berig dat polisiebeamptes in gewone kleredrag op die vier mans toegesak het, onder luide toejuiging van omstanders. ʼn Vryskutfotograaf, Richard Slatter, sê hy het langs Battery-strand geloop toe hy sien hoe die polisie op die vier mans toesak. ʼn Polisiewoordvoerder, lt. kol. Vincent Mdunge, het die inhegtenisnemings bevestig. Ezemvelo KZN se veiligheidskoördineerder vir renosters, Jabulani Ngubane, het die naweek gesê dat minstens 108 renosters in die eerste twee-en-ʼn-half maande van die jaar vir hulle horings doodgemaak is. Ngubane sê dit beteken dat nagenoeg 1300 renoster vanjaar vir hulle horings doodgemaak kan word indien daar nie daadwerklik opgetree word nie. Verlede jaar is 448 renosters vir hulle horings doodgemaak.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.