The Mercury berig dat polisiebeamptes in gewone kleredrag op die vier mans toegesak het, onder luide toejuiging van omstanders. ʼn Vryskutfotograaf, Richard Slatter, sê hy het langs Battery-strand geloop toe hy sien hoe die polisie op die vier mans toesak. ʼn Polisiewoordvoerder, lt. kol. Vincent Mdunge, het die inhegtenisnemings bevestig. Ezemvelo KZN se veiligheidskoördineerder vir renosters, Jabulani Ngubane, het die naweek gesê dat minstens 108 renosters in die eerste twee-en-ʼn-half maande van die jaar vir hulle horings doodgemaak is. Ngubane sê dit beteken dat nagenoeg 1300 renoster vanjaar vir hulle horings doodgemaak kan word indien daar nie daadwerklik opgetree word nie. Verlede jaar is 448 renosters vir hulle horings doodgemaak.
Lees meer hier.