Vier vas oor Ventersdorp-plaasaanval

Nog twee mans is in hegtenis geneem ná die moord op Johan Stiglingh (67), ʼn boer van Ventersdorp.

“Die twee mans sal Woensdag in die landdroshof in Ventersdorp verskyn,” het brig. Thulani Ngubane, woordvoerder van die polisie in Noordwes, gesê.

ʼn 22-jarige man, wat naby aan die plaas woon, is Sondag in hegtenis geneem en sal saam met die ander twee in die hof verskyn. Hy word van moord en poging tot moord aangekla.

“Die tweede verdagte is Maandagoggend in hegtenis geneem wat die hofverskyning vertraag het. Hy is deur die polisie ondervra, aangesien hulle vermoed dat hy indirek by die moorde betrokke was,” het Ngubane gesê.

“ʼn Derde verdagte is Maandagmiddag in hegtenis geneem. Hy is in die Khuma-woonbuurt aangekeer.” Die polisie vermoed dié verdagte word direk aan die moorde verbind.

Stiglingh is Sondagoggend buite sy plaashuis aangeval. Hy is oor die kop geslaan en in die huis ingesleep. Die aanvallers het toe op sy vrou, Cora (64), afgekom en haar aangeval en verkrag. Die mans het haar vasgebind en met twee selfone gevlug. Sy kon haarself bevry en het hulp op ʼn naburige plaas gaan soek. Johan is op die toneel dood. Cora sterk in die hospitaal in Klerksdorp aan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.