Vier vas vir bedrog

Vier mans is in hegtenis geneem vir bedrog nadat hulle glo meer as R2,6 miljoen van die Govan Mbeki-munisipaliteit in Mpumalanga gesteel het.

Kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder van die Valke, sê die vier mans, almal in hul 30’s, is Vrydag by ʼn hotel in Sandton, Johannesburg in hegtenis geneem. “ʼn IT-kenner het glo sagteware op die munisipaliteit se rekenaar geïnstalleer om wagwoorde en transaksies te monitor. Die sindikaat kon reeds daarin slaag om R2,6 miljoen van die munisipaliteit se rekeninge te onttrek. Die verdagtes is uitgevang nadat hulle probeer het om R39 miljoen oor te plaas.” Die mans sal Maandag in die hof verskyn op aanklag van bedrog. Ramaloko sê hulle verwag om nog mense wat by die sindikaat betrokke is in hegtenis te neem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.