Vier vas vir dwelmhandel

Die polisie het vier mense in hegtenis geneem en beslag gelê op R1.6 miljoen se kontant in twee afsonderlike dwelmklopjagte in Chatsworth, KwaZulu-Natal.

Kol. Jay Naicker, ʼn polisiewoordvoerder, het Vrydag gesê ʼn dwelmhandelaar en ʼn handlanger is Donderdag aangekeer toe hulle 3 000 Mandrax-tablette in ʼn geheime operasie aan die polisie verkoop het.

Die polisie het op die dwelms beslag gelê. Verdere ondersoek het tot die inhegtenisname van nog twee handelaars gelei.

Die vier verdagtes moet binnekort in die hof verskyn op aanklagte van dwelmhandel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.