Vier vas vir huisroof

handcuffs3-320x257Vier mans is in Westville, Durban in KwaZulu-Natal vir huisroof en poging tot moord in hegtenis geneem.

Kol. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, sê die mans, tussen die ouderdomme van 27 en 31, is Donderdagaand in Birdhurstweg in hegtenis geneem. Naicker sê die polisie is na ʼn huisroof in Methvenweg sowat 2km van daar af ontbied. Die eienaar van die huis is met vakansie. Naicker sê met die polisie se aankoms op die toneel het die mans in ʼn motor weggejaag. Die rowers het later uit die motor gespring en op polisiebeamptes losgebrand. Naicker sê een van die rowers is in die been geskiet nadat die polisie teruggevuur het. Hy sê polisiehonde het die drie ander verdagtes voorgekeer en gebyt. Hulle is onder polisiebewaking na ʼn hospitaal geneem vir behandeling. Die polisie het op ʼn vuurwapen en ʼn VW Polo, wat op 29 November in Berea gesteel is, beslag gelê. Die verdagtes sal Maandag in die Pinetown-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.