Vier vas vir moord op bejaarde egpaar

Pikkie en Rina Stassen. Foto: Facebook

Vier mans is Vrydag in hegtenis geneem in verband met die moord op Pikkie en Rina Stassen.

Die Stassens, albei in hul 70’s, se liggame is Maandagoggend deur hul dogter by hul huis in Glen Marais in Kempton Park, Gauteng, aangetref. Kapt. Jethro Mtshali, woordvoerder van die polisie, sê twee verdagtes, in hul 30’s, is vroeg Vrydagoggend in hegtenis geneem na ʼn wenk van die gemeenskap. Hulle is in die Sethokga-hostel in Tembisa in hegtenis geneem. Die polisie het op twee televisies, ʼn rekenaar en twee skootrekenaars beslag gelê wat uit die Stassens se huis gesteel is. Mtshali sê nog twee mans is Vrydagmiddag in hegtenis geneem. Hy sê die polisie verwag om binnekort nog verdagtes in hegtenis te neem. Die verdagtes sal binnekort in die Kempton Park-landdroshof verskyn.

Maroela Media het vroeër berig dat die Stassens se dogter, Karin Linley, die polisie omstreeks 7:20 Maandagoggend gebel het nadat sy op haar bejaarde ouers se liggame afgekom het. Haar pa se liggaam is in die motorhuis gevind. Hy is verskeie kere met ʼn skerp voorwerp gesteek en sy hande was vasgebind. Haar ma se liggaam is in die slaapkamer aangetref. Haar hande was ook vasgebind en haar mond toegeplak. Sy is moontlik verwurg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Peter Vonk ·

Die Woord se,ons mag nie haat nie,vergewe my,ek HAAT met passie.Sterkte aan die naasbestaandes.

Trippie ·

Ek is met jou op die een en geen mensekind kan die haat vir hierdie DREK van my wegneem nie.

Ek glo my Hemelse Vader sal my vergewe.

Seg Net ·

Mens ons moet dit wat in die Bybel staan glo. Ons moet ons egter nie dood staar in versies nie en die hele Woord in konteks sien, lees en probeer verstaan. Die Woord leer vir jou, jy mag nie doodslaan nie. Lees verder en Hy seg vir jou ‘n oog vir ‘n oog. Onthou die tyd toe die Bybel geskryf was het dit baie op daardie tyd gesinspeel. Ek glo nie mens kan daardie tyd en vandag se lewe met mekaar vergelyk in enige opsig nie, behalwe om Die Gods Woord te glo nie. Ons verstaan nie altyd of die meeste van wat Die Woord vir ons seg nie. So dit waarin jy glo is nie noodwendig reg of verkeerd nie. Ek haat ook hierdie steenkool nasie met ‘n alles oorheersende passie, en ek glo waaragtig in my God. So ek is nie oor hierdie aardse haat bekommerd nie. Dit is tydelik.

Vice ·

Vergewe…. 4 “mans”…. die afrikaner word MET sy bybeltjie uitgemoor. Word wakker, God help Nie die wat hul self nie wil help nie… Wake up white race…… wake up!!!

JAVR ·

Daarmee stem ek saam! God het ons die verstand gegee om onsself te verdedig en ons moet dit doen maar ook die dank aan Hom bring as ons gespaar bly. By bloedrivier het die boere nie gebid en gesê “okay Here, sorteer hulle uit nie” Nee hulle het met die Here se lyding die slag gewen!

Natasha Strydom ·

Ja die Here het ons almal geskape, maar Hy het ook die Egiptenare geskape. Net soos Hy hulle vernietig het omdat hulle Sy volk so onderdruk en laat swaar kry het moet ons net bid en GLO dat Hy ons vyande ook tot niet sal maak. Ons moet net ons deel doen en die res in SY hande los. Op die einde van die dag is Hy al een wat werklik iets kan doen aan hierdie situasie maar Hy wil he ons moet vra en GLO!

JAVR ·

Wil ek ook net sê as dit nie was vir die beloning was die een seun aangebied het nie was hulle seker nooit gevang nie!

Waaksaam ·

skies, ek’t jou boodskap rapporteer, maar wou comment: jammer, jammer !

Wou net se: JA, ek stem :-)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.