Vier vas vir onwettige sigarette

Argieffoto

Vier mans wat glo deel is van ʼn sindikaat wat met sigarette smokkel, is in Midrand en Centurion in hegtenis geneem.

Kaptein Paul Ramaloko, ʼn woordvoerder van die Valke, het Woensdag gesê die inhegtenisnemings volg na ʼn klopjag op ʼn stoorkamer in Modderfontein, Ekurhuleni, waar R4 miljoen se onwettige sigarette Dinsdag gekry is. “Ons glo ons het nou die rug van dié sindikaat gebreek,” het Ramaloko gesê.

Die polisie het ook beslag gelê op 8 000 liter etanol wat gebruik word om onwettige alkoholprodukte te maak.

Die mans, tussen die ouderdom van 40 en 50, moet Donderdag in die Pretoriase Landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.