Vier vas vir poging tot moord en kaping

SAPDVier kapers is in hegtenis geneem nadat hulle op polisiebeamptes losgebrand het in Alexandria in die Oos-Kaap.

Kapt. Mali Govender, woordvoerder van die polisie, sê lede van die Alexandria-polisiestasie het Sondagoggend inligting ontvang oor ʼn kaping in Paterson. Sy sê ʼn polisiebeampte wat van diens af was, het ʼn Toyota Tazz met vyf insittendes begin agtervolg. “Drie konstabels het die motor van die pad af probeer trek waarna die insittendes op die polisielede losgebrand het.” Die polisie het teruggevuur en een van die mans beseer. Hy is tans in die hospitaal onder polisiebewaking. Die vier ander mans, tussen die ouderdomme 27 en 36, is in hegtenis geneem en sal binnekort in die hof verskyn op aanklag van poging tot moord, kaping en die besit van ʼn gesteelde voertuig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.