Vier vas vir renosterstropery

Foto: Moira-Marie Kloppers

Vier mans is in die Krugerwildtuin in hegtenis geneem in verband met renosterstropery.

Ike Phaahla, woordvoerder van SANParke, sê drie van die mans is vroeg Donderdagoggend in hegtenis geneem. ʼn AK47, ammunisie en ʼn byl is in hul besit gevind. Die ander vermeende stroper is in hegtenis geneem nadat daar glo ʼn skietgeveg tussen ʼn groep stropers en wildbewaarders uitgebreek het. Een van die vermeende stropers is geskiet en gewond en in hegtenis geneem. Twee ander stropers kon daarin slaag om te ontsnap. Daar is op ʼn .458-jaggeweer, ammunisie en toerusting vir stropery in hegtenis geneem. ʼn Totaal van 321 renosters is reeds vanjaar in die wildtuin vir hul horings doodgemaak terwyl 67 mense in die wildtuin vir renosterstropery in hegtenis geneem is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Waaksaam ·

…. en dan word hulle op R1500 borgtog vrygelaat deur ons howe, en gaan stroop maar voort ! – beteken niks !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.