Vier vas vir sluipmoord op oud-spioenhoof

Patrick Karegeya

Patrick Karegeya

Vier Rwandese, insluitend ʼn senior millitêre beampte, word in Mosambiek aangehou in verband met die moord op Patrick Karegeya, die oud-spioenhoof van Rwanda. Karegeya se liggaam is op Nuwejaarsdag in sy hotelkamer in Sandton, Johannesburg gevind.

Joao Machava, woordvoerder van die polisie in Mosambiek, sê die vier mans is verlede week in hegtenis geneem. Hy sê een van die verdagtes is lt.kol. Francis Gakwerere, ʼn senior beampte in die Rwandese weermag. The New Age het verlede week berig dat drie mense in verband met die moord op Karegeya in hegtenis geneem is in Mosambiek. Die Valke het dit destyds ten sterkste ontken.

Karegeya is na bewering verwurg. ʼn Bebloede handdoek en ʼn gordynkoord is in ʼn kluis in sy hotelkamer gevind. Teenstanders van die Rwandese regering sê Karegeya is vermoor op aandrang van Paul Kagame, president van Rwanda. Kagame en Karegeya was vroeër bondgenote en het saam geveg in die Rwanda Patriotic Front. Karegeya is in 2004 in hegtenis geneem en het 18 maande tronkstraf uitgedien vir beweerde diensverlating en insubordinasie. Hy is sedert 2007 in ballingskap in Suid-Afrika.

Lees ook:
Glo geen inhegtenisnemings oor oud-spioenhoof se moord nie
Oud-spioen-sluipmoord: Owerhede ontken arrestasies
Drie vas vir sluipmoord op oud-spioen
Polisie soek steeds na oud-spioen se moordenaar
Oud-spioen van Rwanda in JHB vermoor

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.