Vier vas vir stropery

ezemveloVier mans is in die Tembe-olifantpark in die noorde van KwaZulu-Natal in hegtenis geneem in verband met stropery.

Musa Mntambo, woordvoerder van Ezemvelo KZN, sê die mans is in hegtenis geneem nadat daar ʼn ongelisensieerde .375-jaggeweer, ammunisie, ʼn knaldemper en ʼn byl in hul besit gevind is. Mntambo sê die polisie ondersoek die moontlikheid dat die mans by stropery in die park betrokke was. Meshack Radebe, LUR vir omgewingsake in KwaZulu-Natal, het Ezemvelo geloof vir sy volgehou stryd teen stropers. “Die wildbewaarders plaas voortdurend hul lewens op die spel. Ek loof hulle en wil hê almal moet hul passie verstaan en die opoffering wat hul maak om ons natuurlike erfenis te red.” ʼn Totaal van 63 renosters is reeds vanjaar in KwaZulu-Natal gestroop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

bileam se donkie ·

Waarom is hulle nie doodgeskiet in die kruisvuur nie?Is die bewaardes nie gewapen nie,more is hulle weer terug.

Eben ·

Willy die manne is so swak opgelei in vuurwapens, dat hulle nie durf skiet ….. pateties, tenminste is die vier gevang!

Willy ·

Môresê Eben.
Dan wonder ‘n mens hoekom is hulle wildbewaarders. Maar ja, hierdie regering verbaas mens glad nie meer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.