Vier vat mediese raad hof toe oor plastiese chirurg

dr. Luke Gordon drlukegordon dot com

dr. Luke Gordon. Foto:drlukegordon.com

Vier mense het die Raad op Gesondheidsberoepe (RGB) by die hooggeregshof aangekla vir beweerde wanpraktykte deur ʼn plastiese chirurg van Benoni, het The Star Donderdag berig.

Vier pasiënte van dr. Luke Gordon versoek dat die RGB streng teen hom optree vir beweerde mislukte operasies. Hulle beweer die RGB het Gordon toegelaat om te praktiseer ten spyte van talle klagtes teen hom. Gordon het voorheen boetes en opgeskorte vonnisse vir mediese wanpraktyke van die raad ontvang.

Een van die klaers het ʼn been verloor nadat Gordon ʼn kuitinplanting gedoen het, en twee ander het borsverkleiningchirurgie ondergaan wat hul liggame misvorm gelaat het.

Die vier voer in hofdokumente aan dat, indien die RGB strenger teen Gordon opgetree het, hulle van hul pyn gespaar sou wees.

“Dit is die RGB se plig om die publiek te beskerm en klagtes te ondersoek as ʼn mediese praktisyn onder hulle jurisdiksie aangekla word. Hulle het ook die mag om teen hulle op te tree,” het die klaers in die dokument gesê.

Volgens The Star het Gordon R4.5 miljoen aan kliënte oor die afgelope drie jaar betaal. Die RGB het hom skuldig bevind ná klagtes in 2000, 2007 en 2008.

SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Trippie ·

Ek stem saam, hoe laat hulle toe dat hy steeds praktiseer, gesien in die lig van sy geskiedenis as plastiese chirurg … weg met hom !

Waaksaam ·

hy wil net he die pond moet inrol … voel ‘n FFFFF veer vir die mense se lewens ! Ek’t al gehoor van hom … daar’s meer wat na die berigte na vore gaan kom … watch this space ;-)

http://www.drlukegordon.com/

vuurvreter ·

Ek sal nie eers my kanarie na hom toe vat nie. Die kwaksalwer is lankal besig met sy skelm streke. Ek ken nog n vrou wat hom nou gaan aankla nadat ek haar nou gebel het en haar vertel het hulle kla hom aan. Hy gaan bars glo my.

JAVR ·

“As die RGB opgetree het sou hulle pyn gespaar wees”? Nee dit sou nie want dan het hulle net by ‘n ander kwak uitgekom om hulle te pynig! Jammer julle! Tensy dit nie vir GESONDHEIDS REDES is nie het ek geen simpatie as hulle by parraslagters uitkom nie!!! Doen julle self ‘n guns en gaan google die dokter voor julle naby hulle kom en kyk wat sê mense van hulle.
Goeie more al my maatjies!
Trippie…….”zip” is hilarous!!!! Ek neuk hulle as hulle my dit noem!

JAVR ·

Ja goeie more julle. Vanmore is my eerste naam “amended” want alles meot aangelas word vandag! So deurmekaar soos k.ts in ‘n tuimeldroëer

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.